Bed-en-ontbyt

Ontbyt by 'n B&B in Quebecstad, Kanada

'n Bed-en-ontbyt (algemeen afgekort as B&B) is 'n klein akkommodasie-instelling wat oornagverblyf en ontbyt aan 'n reisiger bied. 'n Bed-en-ontbyt is dikwels 'n privaat woonhuis met tussen vier en elf slaapkamers.[1]

Die frase bed-en-ontbyt word ook gebruik om die vlak van spyseniering aan te dui by 'n hotel se kamertarrief, dit is in teenstelling met slegs-'n-kamer, halfspyskaart of volle etes.

  1. "The B&B Industry" (in Engels). innkeeping.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2015. Besoek op 4 September 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search